Vlerksleep

Vlerksleep in jou vyftigs is nie maklik nie!

Kom lag lekker saam met Lefra Produksies se nuwe klug, VLERKSLEEP. Ons toer regoor die land en jy kan kaartjies bespreek of jy kan VLERKSLEEP vir jou Stad  of dorp HIER  bespreek.

Toerprogram

Ons speel eersdaags by ‘n teater by jou!

Bespreek kaartjies

Bespreek nou vir Vlerksleep en kom lag lekker!

Ontmoet die Span

Vlerksleep het ‘n sterbelaaide rolverdeling.

Lefra produksies bied aan

Lefra Produksies se nuwe klug, VLERKSLEEP!

Kom skaterlag vir die “vlerkslepers”!

VLERKSLEEP

deur Peter Quilter

met Bertha le Roux-Wahl, David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen

Regie, vertaling en verwerking: Frans Swart

Volgens die verklarende woordeboek van die Afrikaanse taal beteken “vlerksleep” om by ‘n meisie aan te lê, soos wat die voëls – veral duiwe – hulle vlerke sleep om die wyfies se aandag te kry vir so ‘n ietsie lekker!  In regisseur Frans Swart se nuwe produksie Vlerksleep deur Peter Quilter, ontmoet ons vir Anton (David James) en Louise (Elma Potgieter), beide in hul laat vyftigs.  En onlangs geskei.  Beide is nou in die proses om te begin kyk na nuwe metgeselle deur op ‘n aantal toe-oogafsprake (“blind dates”)  te gaan.  Vlerksleep volg die twee se eskapades deur ‘n reeks van onverwagte, eksentrieke en wisselvallige romantiese probeerslae waar absoluut niks volgens planne verloop nie!  Ons almal was seker al op ’n toe-oog afspraak en weet presies hoe aaklig dit kan wees. TV-realiteitsreekse dwing bekendes om in der waarheid op blinde afsprake te gaan en dis dit dan vir die wêreld op as “vermaak”. Peter Quilter vat raak met Vlerksleep, want hy het daarin geslaag om ’n moeilike onderwerp baie komies aan te bied. Dit is vars en skreeusnaaks en ons almal kan op ’n manier daarmee identifiseer, want ’n toe-oog-afspraak is 99% van die tyd nie baie geslaagd nie. Quilter verstaan die dilemma en met sy komiese skryftalent skep hy ’n skreeusnaakse komedie wat vir baie lekker lag in die teater gaan sorg.

"Kom ons praat" knoop in die hoek

Kies jou sitplek nou en verseker jou lagbui !

Stuur ‘n boodskap – vir vinnige navrae oor besprekings of korporatiewe geleenthede.

Die liefde is ‘n snaakse ding! Vlerksleep nog snaakser!

Peter Quilter: Die meester van komedie.

Peter Quilter se toneelstukke is reeds in 40 verskillende lande opgevoer en in meer as 30 verskillende tale vertaal.  Sy produksie oor Florence Foster Jenkins, Glorius was ‘n groot treffer op Londen se West End in 2005/2006 en het ook ’n Olivier-nominasie ontvang vir beste nuwe komedie.  Hy volg sy sukses op met ‘n ander Londense produksie, End of the rainbow wat ‘n Olivier -nominasie ontvang het as beste nuwe produksie.  Hierdie musiekdrama oor die lewe van Judy Garland word vanaf 2012 in Broadway se Belasco Teater opgevoer.

Peter Quilter se The Dating Game in Afrikaans – Vlerksleep.
Die klugkoning van Suid-Afrika, Frans Swart, doen dit weer met die komedie, VLERKSLEEP.

Frans Swart: Die krag van die lag!

Frans Swart is die besturende direkteur van Lefra Produksies, een van die land se voorste teater- en vermaaklikheidsmaatskappye.  Frans voltooi sy BA-graadstudies in Kommunikasiekunde aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) in 1982, met sy Honneursgraad wat in 1984 volg. In 1989 voltooi hy sy Finale Diploma in Spraakopleiding ook by UNISA, en verkry sy Lisensiaat (Cum Laude) in Dramakuns aan die Akademie vir Dramakuns onder leiding van die legendariese Aletta Gericke. 

Sy loopbaan in die vermaaklikheidswêreld begin in 1977 as kameraman by die destydse Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, maar sluit hy later by die korporatiewe wêreld aan en bekleë poste in die skakelwese by die Universiteit van die Noorde, die Stadsraad van Springs en later by die Ekurhuleni Metropolitaase Munsipaliteit as Uitvoerende Bestuurder: Media en Spesiale Projekte.  Tydens Frans se tyd by die Stadsraad van Springs tree hy ook op as die direkteur van die Springs Stadsteater. 

Die kunste en vermaak lê Frans nog altyd na aan die hart, en was hy deur die jare deeltyds betrokke by verskeie toneelgroepe, sy eie dramaskool en radio.  Frans is ‘n stigterslid van Oos-Rand Stereo en was jare ook ‘n omroeper daar.  In 2013 ontvang hy die ATKV Mediaveertjie-toekenning vir die Beste Omroeper by ‘n Gemeenskapsradiostasie.  In 1995 stig Frans Lefra Produksies, wat Afrikaanse en ander teater na die mense toe vat.  Lefra se Groet die Grotman hou steeds die rekord vir die Afrikaanse produksie met die meeste vertonings – meer as 1,000 regoor Suid-Afrika en Namibië!  Die opvolgproduksie, Groet die Grotman 2, skryf Frans self en is dit maar slegs een van die produksies uit sy pen wat die verhoog haal.

Behalwe vervaardiger en skrywer, tree Frans ook op as regisseur van verskeie van Lefra se produksies waaronder die gewilde klugte wat Lefra jaarliks mee toer en staan hy tereg bekend as die “klugkoning van Suid-Afrika”.

Die sterbelaaide rolverderling gaan jou laat skaterlag!

Ontmoet die talentvolle span akteurs van Vlerksleep.

Bertha le Roux-Wahl

Bertha le Roux-Wahl is ‘n dogter van God, vrou vir Karel Wahl en ma van twee dogters. Ons het Bertha leer ken in haar rol as Emma in 7de Laan van 2002-2014.

In 2015 sluit sy aan by Radio Kansel met die program VreugdeJoy, waar ons elke Donderdag oggend, saammet haar aan ons verhouding met God kan bou. Sy tree gereeld as geestelike motiverings spreker op by damestee’s, besigheids geleenthede, naweek kampe, skole en kerke. Sy is steeds ‘n vryskut akteur met haar nuutste optredes in Matilda en Matthys op Showmax en Kings of Mulberry Street – Let love Reign op Netflix. Deesdae verleen sy ook haar stem vir oorklanking in die Turkse en Spaanse reekse op Mnet, Showmax en E-tv. Haar stem kan ook gehoor word met RSG boekvoorlesings en radio dramas, asook advertensies. Sy is ook te sien in Vlerksleep in die teaters. Bertha het haar eie drama skool, Barefoot Acting en geniet dit om kinders se passie in spel aan te wakker. Sy beoordeel by verskeie Eistedfodds en toneelfeeste sedert 2015.

David James

David James – akteur, skrywer, regisseur – is sedert die ouderdom van sewe aktief betrokke in die vermaaklikheidswêreld. 

Hoogtepunte in die teater sluit in Aladdin, The Secret Garden, Tower Klip, FANGS!, My Fair Lady, Rivonia Trial, Jock of the Bushveld the musical, Biko- Where the Soul Resides, Comrade Babble /Brett Kebble Story. Op televisie was hy gesien in Isidingo, Binnelanders, 7de Laan, The Wild, Kidnap and Ransom for ITV, Strike Back, Rhythm City, Mad Dogs III en Black Sails. David se film krediete sluit in die Oscar genomineerde DISTRICT 9, Eternity, Angel Of the Skies, Ordinary People, Pad na jou Hart, ‘n Deense film Salvation, Northmen en G20. David is opgewonde om weer terug te wees op die verhoog met die Lefra produksie, Vlerksleep. As Anton soek hy nuwe liefde – en sy eskapades sal jou eie datery-verhale laat herleef.

Elma Potgieter

Elma Potgieter – gebore op Klerksdorp. Op nege in Johannesburg in altesaam 5 laerskole. Speel eerste hoofrol in graad 1 (in Presidentskool) Klerksdorp. 

Tweede hoofrol in vyfde laerskool in Jubileumskool Johannesburg – Repelsteeltjie. Speel en sing manlike hoofrol in matriek in Hoër Meisieskool Helpmekaar – Captain Corcoran in HMS Pinafore deur Gilbert & Sullivan. Studeer aan Tuks (Afr./Ned; Engels; Duits; Frans; Sielkunde; Kunsgeskiedenis) Neem drama en sang privaat. Werk as verslaggewer/joernalis by Die Transvaler, doen oudisies en begin in 1973 voltyds toneelspeel by KRUIK (Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste). Begin dan vryskut in Johannesburg werk – alle vertakkings van toneelspeel – verhoog; radio; rolprent; TV; oorklanking (vertaal, regie, spel uit Duits, Frans, Engels, Nederlands). Bied verskeie programme vir TV aan – Wielie Walie, Kraaines, Feite en Flaters. Speel hoofrolle in verskeie rolprente en TV-reekse vir Jan Scholtz soos Laksman, Losprys, Sterretjie, Iemand om lief te hê. Mees onlangse TV-reeks – Huis Lelieveld vir Willie Esterhuizen. Internasionale rolprent – hoofrol in ‘n riller, The Caretaker, saam met Danielle Retief en Rowlen von Gericke. (Ek word in Engeland genomineer as beste speler in ‘n riller). Stig ‘n toneelvennootskap met Schalk Jacobsz – produksies = Die Wildsboudjie, Hoer of Heilige, Moervrug waarin Elma ses karakters speel – drie mans en drie vroue by eerste Aardklopfees in 1998. Begin vir Lefra Produksies werk in 2017 met Daa’ Gaan Die Bruid. Daarna volg My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou, My Oom se Vrou se Plekkie, Dinner for One en Sopper vir Een en nou Louise in Vlerksleep. As Louise bring sy jare se ervaring in komedie – perfek vir die mallemeule van haar blind dates.

Richard van der Westhuizen

Richard is 40 jaar plus betrokke by teater, musiek, televisie en film in Suid Afrika. TEATER: Hy begin in 1978 by TRUK. In 1979 werk hy vir ‘n jaar in Windhoek by SWARUK. Daarna vryskut. 

Hy speel hoofrolle op die verhoog in Die Van Aardes van Grootoor (Pieter-Dirk Uys Markteater Jhb 1978/79), Die Staatsgetuie (Agatha Christie Windhoekteater 1979), Plaston DNS- kind (PG du Plessis Bloemfontein Stadskouburg 1981), Die Goue Kring (Uys Krige Bloemfontein Stadskouburg 1982), Die Potlooddief en die Engel (Ampie van Straaten Staatsteater Pretoria 1985), The Time of the Hyena (Mitzi Booysen Windybrowteater, Johannesburg 1986), Hamlet (William Shakespeare, Staatsteater Pretoria 1987), Panorama (Pieter-Dirk Uys, Grahamstadfees 1987), Minnaar onder die Wapen (George Bernard Shaw, Windhoekteater 1987), Die Laaste Strooi (C.J. Langenhoven, KKNK, Aardklop, Durban, Bloemfontein, Pretoria, Stellenbosch, Plettenbergbaai 1998, 1999), Taraboemdery (Chris Barnard, Innibos Nelspruit, KKNK Oudtshoorn 2009, 2010), Resonant (Ingrid Howard, Woordfees Stellenbosch 2013), Reik na die Sterre (Staatsteater 2014). TELEVISIE: Hoofrolle sluit in 1945 (Chris Barnard Sonneblom films 1983), Die Meisie van Suidwes (Elmo de Witt films, 1984), Die Mannheim Sage (SAUK 1986), Agter Elke Man (Franz Marx, 1988), Ballade vir ‘n Enkeling (Leon van Nierop, 1991, SAUK), Death in the Family (Waterfront Productions 1994 SAUK), Honeytown I & II (SAUK, 1995,1997), Paradys (Paul C. Venter, 1998, Eklips), Onder draai die Duiwel rond (Chris Barnard, 1998, Sonneblom Films), Samaritaan (Paul C. Venter, 1999, Eklips), Arsenaal deur Jan Scholtz, 2002, Scholtz Films, Plek van die Vleisvreters (2004, kykNET), 7de Laan (Danie Odendaal, SABC2, 2005 en 2006), Dryfsand (P.G. du Plessis, 2007, Krisan kykNET), Andries Plak (P.G. du Plessis, 2007 SABC), Vlug na Egipte & Terug na Egipte (Paul C. Venter 2015 kykNET). ROLPRENTE: Karate Kallie, 2007, Bakgat 2, 2009, Fanie Fourie se Lobola, 2012, Die Ballade van Robbie de Wee, 2013. MUSIEKALBUMS: Ballade vir ‘n Enkeling (klankbaan saam met Louis van Rensburg), Tussen Treine (1991 saam met Lochner de Kock), Vuurklip (1998 saam met Lochner de Kock), Dorsland (2001 saam met Lochner de Kock), Songs uit my Binnesak (2005 saam met Anneke Visagie en Karen Wessels), Swerwerspoor (2011), Tydloos (2012 saam met Gerhard Steyn), Ballade vir ‘n Enkeling en die jare daarna (2013), Yster en Vuur (2017). MUSIEKPRODUKSIES: Die Lewe is ‘n Grenshotel 1979, Double Trouble 1980, Die sleutelGAT Revue 1986/7, Doringdraad 2000, 2001, Songs uit my Binnesak 2005, 4 (vier) 2005, Reik na die sterre 2014. Hoofrolle in verskeie radiodramas. Skryf 4 radiodramas opgevoer deur RSG en SAFM. Toekenning vir leewenslange bydrae tot Afrikaans musiek 2017 Innibos. FAK toekenning vir bydrae tot Afrikaanse musiek 2025. As die vyf verskillende blind dates bring hy diversiteit en diepte – sy 40 jaar se ondervinding verseker elke karakter bly by jou lank na die gordyn val.

Kom lag lekker by ‘n teater naby jou!

Toerprgram – Waar en wanneer om te kom lag!

Umuzi kunstefees

Theatre of Marcellus

Kies die beste opsie vir individue, groepe of fondsinsameling.

Kies jou opsie en sluit aan by die pret.

Moenie die kans mis om Vlerksleep se skreeusnaakse komedie te ervaar nie. Met net ‘n paar klikke kan jy jou sitplekke waarborg vir ‘n aand waar Anton en Louise se blind date-eskapades jou sal laat skaterlag. Bespreking is vinnig en veilig via L-Tickets – kies jou datum en plek, en wees deel van die pret.

Bespreek Vlerksleep vir jou stad/dorp/organisasie/skool/kerk en wees verseker van groot winste

Jy het verskeie besprekingsopsies

Kaartjiebesprekings: Ltickets

Bespreek individuele kaartjies vir Vlerksleep

Bespreek VLERKSLEEP vir jou stad/ dorp /organisasie:

Bring Vlerksleep na jou gemeenskap toe.  Groot winste!

Groep besprekings:

Bespreek vir groepe meer as 10 persone en kry lekker afslag!

Fondsinsameling:

Jy kan enige van Lefra se opwindende produksies gebruik om kaartjies teen lekker winste te verkoop.  Minimum om hiervoor te kwalifiseer is 50 kaartjies.

Lees alles hier oor die snaakse Vlerksleep

Kyk hier om te sien waaroor die gehore so lekker lag!

RICHARD VAN DER WESTHUIZEN TERUG OP VERHOOG IN VLERKSLEEP

  • Innibos Kunstefees – 2 en 3 Julie 2025
  • AfriForum Teater – 26 en 28 September 2025

RICHARD VAN DER WESTHUIZEN VIER VEERTIG JAAR IN DIE BEDRYF

  • Atterbury Teater – 7 Junie 2025

Richard Van Der Westhuizen Vraag en Antwoord Sessie

VRAAG:              Richard jy is na 20 jaar terug op die Verhoog.  Hoe voel dit?  Is dit soos fietsry?  Kom dit dadelik weer terug?

RICHARD:        Ja ek is nou weer 20 jaar terug op die verhoog.  Voel dit soos fietsry?  Op klim, hier gaan ons alweer.  Amper, dit is moeilik.  Ek het nie geweet of ek my woorde sal kan onthou nie. Ek het nie geweet of ek tegnieke sal onthou, projeksie, beweging an al daardie soort van dinge nie, maar dit het ruk-ruk in die begin gegaan maar skielik, dis ‘n baie rare ding, is dit asof die instink inskop dat ‘n mens na jare se ervaring op die verhoog ontwikkel het.  Dit kom terug, daar kom sekere aspekte terug.  Wat doen ‘n mens, hoe gaan hierdie snaaks wees, gaan jy die gehoor laat reageer?   En daardie goed, dit is wat ondervinding vir jou gee.  Jare se ondervinding op die verhoog, en dit het nie verdwyn nie.  Dis alles nog daar, bietjie dormant maar ongelooflik hoe dit terug kom na ‘n mens toe, so ja, nie dadelik nie maar dit kom terug en dit help baie.

VRAAG:              Wat was jou laaste rol, jou laaste Produksie?

RICHARD:        In 2005 / 2006 as ek reg onthou, speel ek in Taraboemdery van Chris Barnard saam met Neil Sandilands, Milan Murray en Pieter van der Heever en ek speel die rol van Buks as ek reg onthou.  ‘n Moeilike stuk, baie mooi stuk soos net Chris Barnard kon skryf en watter ervaring.  Dit was lank terug  so ons hoop maar daardie goed steek nog vas erens in die geheue.

VRAAG:              Noem vir ons so bietjie hoogtepunte uit jou teater loopbaan

RICHARD:        Hoogtepunte ja, daar was baie, vir my in elk geval.  Vir my het dit soos hoogtepunte gevoel.  Potlooddief en die Engel deur Ampie van Straaten is my eerste groot hoofrol in die Staatsteater in Pretoria.  Dit was ‘n lieflike rol om te speel, wonderlike  regisseur Louis van Niekerk.  Uitstekende spelers, Jocelyn Broderick was my “leading lady”.  Ek onthou Ben Kruger, Johan Engelbrecht, Franz Dobrowsky was almal in die stuk.  Dit is ‘n stuk wat gebaseer is op ‘n ou wat kulkunsies doen maar tog ‘n soort “magic” skep met die dinge wat hy doen.  Dit is einlik maar ‘n liefdesverhaal, en hy kry dit daar aan die einde maar die pret en die diep plesier om so stuk te kan doen.  Ek het kulkunsies uitgewerk met die min props tot my beskikking, planne gemaak.  Geleer om Afrikaans te praat met ‘n diep “Southern American accent”, en dit was vir my werklik ‘n hoogtepunt.  En ek was ook benoem vir ‘n Beste Akteurs toekenning wat ek nie gekry het nie maar dis okay.  So dit was vir my ‘n hoogtepunt, ‘n ander hoogtepunt was Minnaar Onder die Wapen van George Bernard Shaw waarin ek die hoofrol gespeel het.  Die sjokolade soldaat tenoor Michelle Botes, oorlede Michelle Botes en dit is ‘n waaragtige baie lekker produksie gewees. Regisseur Fancois Swart en ek onthou Antoinette Kellermann en Anton Dekker was ook in die verdeling en Amor Tredoux en dit was ‘n lieflike produksie en ‘n wonderlike tyd.  Daar is ander hoogtepunte, Hamlet in die Staatsteater.  Ek het Laertes gespeel teenoor Marius Weyers se Hamlet en Sandra Prinsloo se Ophelia.  Daardie swaard geveg aan die einde tussen my en Marius, 6 weke lank het ons ‘n uur op ‘n dag geoefen met daai swaarde en ons was nogal fiks want dis al manier wat jy daai toneel kan doen.  Nie dat dit so “big deal” is nie maar ek onthou met openingsaand het die voorste rye gesnak na hulle asem na die eerste paar houe wat ons geslaan het en dit is ‘n belangrike ding.  Dit beteken die gehoor het geskrik vir wat ons aanvang het.  Dit het lewensgevaarlik gelyk en dis hoe teater moet wees, jy moet voluit gaan. 

VRAAG:              Jy is nou te sien in Vlerksleep by die Fairtree Atterburyteater.  Vertel vir ons van die produksie en van al die rolle wat jy vertolk.

RICHARD:        Vlerksleep, nou ja, wat kan ek sê?  Hoekom het ek ja gesê vir Vlerksleep op my ouderdom, nadat ek so lank van die verhoog af was.  Wel, Frans Swart, die regisseur,  het vir my die teks gestuur, ek het dit gelees, ek het gesien wat hier aangaan, ek het gesien dis ‘n komedie wat baie lekker is om te doen maar wat moeilik is om te doen.  En toe sien ek, ek speel 5 verskillende karakters en toe sê ek onmiddellik ja want watter akteur gaan nee sê vir daai geleentheid om 5 totaal verskillende karakters te vertolk met drie en ‘n half minute per slag om van karakter en mens te verander. Hierdie produksie is wonderlik en ek geniet my gate uit en ek moet sê, die ander spelers ook.  Daar is wonderlike spelers saam in, David James, die arme ou wat sy vrou gelos het en nou ‘n nuwe “girl” prober kry na 30 jaar.  Elma Potgieter het haarself natuurlik gate uit geniet op die verhoog wat nou ‘n nuwe kerel soek na 30 jaar. En dan voorheen my geliefde in ‘n radioverhaal, en toe my dogter in 7de Laan, Bertha le Roux Wahl, en wat ‘n plesier om teenoor haar te vetolk want sy speel die ander vier “girls” wat deur die gedatery gaan.  Dis ‘n lieflike mengelmoes van mense opsoek na liefde wat elke liewe slag in ‘n fiasko ontaard maar in ‘n snaakse fiasko ontaard.  En dit was daar, wat kan ek sê, dit was soos ‘n mallemeule en dit is ‘n baie genotvolle mallemeule.  Ek is baie gelukkig om daar in te wees en die rolle wat ek vertolk, jy weet, van die “nice” ou tot die vark wat met ‘n ketting om sy nek rondlop en morsig is tot die skaam outjie wat in die bank werk , tot die baie kwaai kelner in ‘n baie smart restaurant, tot die nar.  Ek wil nie te veel verklap nie, kom kyk gerus want julle sal dit geniet.

VRAAG:              Nou jy is vanjaar 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf, baie geluk daarmee.  Ek weet dis moeilik, maar sonder asseblief ‘n paar hoogtepunte uit.

RICHARD:        Daar was hoogtepunte in hierdie 40 jaar, moeilik want dit was so lank ek kan nie meer onthou nie.  Maar daar was tog goed wat uistaan;  ‘n Standbeeldjie wat ek by Innibos Kunstefees gekry het vir Lewenslange Bydrae tot Afrikaanse Musiek.  Sulke dinge beteken baie vir my.  Vanjaar het ek ‘n toekenning van die FAK gekry vir Lewenslange Bydrae vir Afrikaans.  Jy stap op die verhoog, en ek het dit gedoen in Nelspruit by Innibos Fees en daar sit, ek dink, 35 000 mense voor jou op die skougronde en pawiljoene en die plekke.  En ek begin sing Tussen Treine en ewe skielik word jy bewus van ‘n klomp mense wat saam sing en jy kyk hier voor jou en jy kan nie baie vals sing nie.  En daar voor jou hoor jy die voorste paar rye, daar is honderde mense wat saam sing, en eintlik kan ‘n hogtepunt nie hoër as hierdie wees vir my nie.  Laat ‘n liedjie wat ek 40 jaar gelede geskryf het, daardie reaksie vir soveel mense nou nog ontlok.  Dit is een van die hoogste hoogtepunte ooit in my loopbaan.  Daar is ander maar niks kom hier by nie.  En nou nog, as ek optree is daar ‘n klomp jong mense.  Dit smaak my wat die woorde van Tussen Treine beter ken as wat ek dit ken.  Ek is ewig dankbaar daarvoor.  En ewig bly daaroor. 

VRAAG:              Musiek het natuurlik op ‘n stadium jou loopbaan oorgeneem.  Hoe was daardie ervaring?

RICHARD:        Ek dink ek het begin toneel speel omdat ek geweet het een of ander tyd gaan iemand op die Verhoog vir my vra om musiek óf te skryf, óf te sing.  Dit was al die tyd in my agterkop.  Toe die musiek nou die oorhand begin kry, ek onthou nog ek en Lochner het ‘n teater show geskryf met die naam van Die Sleutelgat Revue toe was dit ‘n natuurlike uitvloeisel vir my van dit wat ek op ek die verhoog  gedoen het en dit was nogsteeds ‘n soort van ‘n kabaret.  Dit was woorde en dit was musiek.  Daar was toneel en musiek, maar meer musiek.  Dit was ‘n natuurlike oorgang vir my.  En elke nou en dan dan wil ek maar terug op die verhoog in toneel.  Ek het die twee saam gedoen vir ‘n ruk en toe neem die musiek heeltemal oor en dit was baie goed vir my want dit is ‘n ander gehoor en jy leer om ‘n ander gehoor te hanteer.  Hoe om met hulle te praat want dit is baie belangrik.  Jy wil die gehoor aan jou kant hê en jy doen baie moeite om jou liedjies te verduidelik as dit nodig is.  Gelukkig is dit nie baie nodig nie, of jy bied dit so aan en jy het genoeg emosie dat die liedjie vir homself praat.  Dit is vir my ‘n baie natuurlike ding wat daar gebeur het en ‘n baie aangename ervaring. 

VRAAG:              En dan het jy ‘n wonderlike storie oor die eerste keer toe jy Balade vir ‘n Enkeling by die Springs Stadsteater gesing het.  Vertel vir ons daai storie.

RICHARD:        In die jare van die Sleutelgat Revue wat ek saam Lochner de Kock geskryf het, en wat ons opgevoer het by verskeie plekke in die land.  Dit was ‘n groterige konsert, daar was drie of vier ander mense betrokke by.  Ons het ‘n pop gehad wat spesiaal gemaak was daarvoor, in elk geval, toe word ek ewe skielik uit die bloute genooi om na die HF Verwoerdteater in Springs te kom optree.  Ek dog, o hel, hier is ek nou op my eie, wat gaan ek doen, ek het nog nie een enekel shows op daardie stadium gedoen nie.  Ek bel vir Lochner, ek sê kom asseblief saam en dan vat ons ‘n paar liedjies van die Sleutelgat en ons sing dit op die verhoog, en o ja, ek het nog ‘n nuwe liedjie hier met die naam Ballade vir ‘n Enkeling wat toe nou net begin gewild raak het maar ek ken toe nog nie die woorde so goed nie want ek het dit nog nie lewendig op die verhoog gesing nie.  Ek vat die woorde saam op ‘n vel papier.  Kom by die teater aan en daar staan ‘n vleulklavier op die verhoog.  En ek sê onmiddelik, ek gaan Ballade vir ‘n Enkeling op daai vleulklavier speel en dan gaan ek dit sommer van daar af sing ook.  Ek gaan sit voor die vleulklavier , woorde mooi netjies voor my op die klavier, op die staandertjie wat deel van die deksel is en toe dit kom by die konsert op die verhoog.  Ek gaan sit voor die klavier met ‘n groot gebaar en op daardie oomblik, glip daardie papier met die woorde van Balade vir ‘n Enkeling in ‘n gleuf tussen die deksel en die klavier in.  En daar sit ek sonder die woorde vir ‘n Ballade vir ‘n Enkeling.  Ek dink daardie woorde lê nou nog erens in daardie lieflike vleulklavier.  Ek het die lied gesing gekry , hoe weet ek nie.  Ek het nie die woorde opgeneuk nie, so dankie tog ek was daar deur. 

VRAAG:              Jy het ‘n baie spesiale 40 jaar vertoning by die Atterburyteater op 7 Junie.  Wat kan mense te wagte wees?

RICHARD:        Eintlik meer as 40 jaar se liedjies.  Nou wat noem ‘n mens as jy ‘n konsert hou met daardie 40 jaar probeer vasvang.    Wat ek gedoen het, ek het gegaan, ek het na my ou liedjies gaan kyk.  Ek het deur die lyste gegaan want daar is baie liedjies en ek het besluit ek kies my persoonlike gunstelinge.  Die liedjies wat ek dink vir my die hardste gepraat het, die diepste gepraat het.  Ek het gekyk onder hulle en ek het gekies die wat ek dink van my mooiste liedjies is, en net besluit, de hel daarmee, ek kan in elk geval nie danstreffers doen nie.  Ek kan nie ‘n danstreffer skryf nie al wil ek en die gehoor moet maar weet dat ek van my mooiste liedjies vir hulle sing.  Want dit is die liedjies wat regtig saak maak vir my en ek kan hulle ook sing asof hulle regtig saak maak vir my.  Dit is wat daar gaan wees.  Tussen Treine, Balade vir ‘n Enkeling, maar ook liedjies oor diverse ander onderwerpe.  Die Viooltjies Op Ouma se Graf, Die Diep en Donker Nag, Genadewater, Isabella, Twee Sagte Hande, Die Klaaglied van Jeremia Broodryk.  Dit is die tipe liedjies wat ek gaan sing en speel.  Ek is saam met Andrew Roos op die verhoog.  Andrew is ‘n virtuose klavierspeler wat ook sommer mandolin en soveel ander instrumente speel as hy die aand lus voel.  Ek op dit kitaar.  Ons twee sing saam wanneer dit nodig is en ek dink ek gaan sommer, omdat dit ‘n wonderbaarlike vleulklavier op die verhoog is, gaan ek ‘n liedjie self ook op die klavier doen.  Ek sal die klavier self speel en ek sal ‘n liedjie self sing en ek sal nie die woorde op die staander voor my neursit nie, want ek is bang hy val in die klavier in.  Dit is wat die mense kan verwag.

En dit was Richard van der Westhuizen  na 20 jaar weer terug op die verhoog  in die komedie Vlerksleep, 5 tot 8 Junie by die Fairtree Atterburyteater.  Richard vier ook sy 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf op Saterdag, 7 Junie om 3 uur met ‘n spesiale konsert, Richard van der Westhuizen 40 ook by die Fairtree Atterburyteater.

Ons help graag en sal so gou as moontlik na u toe terugkom

Navrae

Vir besprekings, individuele kaartjies, algemene navrae of media-onderhoude:

3.4
Based on 13 reviews
powered by Google
Danie Odendaal
13:02 10 Aug 25
At first we were worried about the tickets for a show not come
ing through when we received and subsequently met Zeldy Eksteen who saved the day and turned our event into something we could look forward to.
Arnold Greyling
07:25 22 Mar 25
Mariette Maritz
06:11 05 Mar 25
Awsome production copany ,friendly ,helpful
Linda Classens
21:39 08 Jun 24
Insight into the most creative production shows.

Teken aan by ons E-pos lys.

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons produksies te ontvang.

Dankie dat jy aan geteken het!