Volgens die verklarende woordeboek van die Afrikaanse taal beteken “vlerksleep” om by ‘n meisie aan te lê, soos wat die voëls – veral duiwe – hulle vlerke sleep om die wyfies se aandag te kry vir so ‘n ietsie lekker! In regisseur Frans Swart se nuwe produksie Vlerksleep deur Peter Quilter, ontmoet ons vir Anton (David James) en Louise (Elma Potgiete), beide in hul laat vyftigs.
Vlerksleep volg die twee se eskapades deur ‘n reeks van onverwagte, eksentrieke en wisselvallige romantiese probeerslae waar absoluut niks volgens planne verloop nie!
Kom sleep vlerk saam met David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen en Bertha le Roux-Wahl by Nelspruit Hoërskool Ouditorium.